Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:55 NM CST

Wildspot

2 kg wildsvleis, in porsies gesny - verkieslik nek, rib, skenkel en lendetjops
rooiwyn
druiweasyn


Sous

750 ml rooiwyn
300 ml port
250 ml blatjang
500 ml water
30 ml gemengde gedroogde kruie
25 ml aromat
5 ml knoffel
6 kruienaeltjies
4 lourierblare


60 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
100 ml brandewyn
250 g spekvleis, gesnipper
1 groen soetrissie, grof gesny
4 selderystingels, grof gesny
1 groot ui, grof gekap
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g ontpitte pruimedante
250 g droëperskes
250 g knopiesampioene
16 piekeluitjies
halwe rooi soetrissie, in groot blokke gesny
halwe geel soetrissie, in groot blokke gesny
12 songedroogde tamaties
250 ml vars room
vars, gekapte pietersielie

Metode

Marineer die vleis oornag in n mengsel van gelyke dele rooiwyn en druiweasyn. Meng die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant. Verhit die olyfolie in die potjie en roerbraai die vleis 5 minute lank. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die soetrissie, seldery en ui by en dan roer jy nie weer nie. Voeg die aartappels en wortels by. Roer die sous deeglik en giet dit bo-oor. Sit die deksel op en laat prut dit vir ongeveer 1 uur 30 minute oor matige kole. Voeg die pruimedante, perskes, sampioene, piekeluitjies, rooi en geel soetrissie en songedroogde tamaties by. Sit die deksel op en prut dit vir no 30 minute lank. Voeg die room by roer dit deur. Graneer dit met pietersielie en bedien dadelik.

Wenk

Dieselfde gereg kan ook op die stoof voorberei word.


Met Komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie