Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:34 NM CST

Volstruis Bobotie

1 sny wit brood
250 ml melk
1 kg volstruis maalvleis
1 medium ui, fyn gekap
5 ml borrie
10 ml kerriepoeier
10 ml botter
75 mlsuurlemoensap
15 ml gladde appelkooskonfyt
125 ml sultanas
125 ml heel geblansjeerde amandels
15 ml blatjang2 teelepels sout
1 ml witpeper
3 eiers
2 lourierblare

Week die sny brood in die helfte van die melk vir omtrent 5 minute. Druk die melk uit die brood, breek dit in stukkies en voeg dit by die maalvleis. Braai die ui, borrie en kerriepoeier in die botter oor matige hitte vir ongeveer 5 minute. Verwyder van die stoof en roer die suurlemoensap, appelkooskonfyt, sultanas, amandels, blatjang, sout en peper by die uie mengsel. Voeg die kerriemengsel by die vleis en brood, meng dit goed met n vurk en plaas dit in 'n oondvastebak. Bak vir 20 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180 grade. Haal gereg uit die oond, klits die eiers en oorblywende melk saam en gooi dit oor die vleis. Druk die lourierblare in die vleis en bak dit vir nog 30 minute lank.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie