Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 07:03 NM CST

Vis met Wynsous

15 ml botter
12 klein sampioene, in skyfies gesny
45 ml koekmeelblom
5 ml sout
2 ml witpeper
2 ml paprika
500g visporsies
1 klein ui, in ringe gesny
6 koljanderkorrels
1 lourierblaar
2 kruienaeltjies
5 ml mosterdsade
200 ml witwyn
200 ml dun room
Plaas die botter en die sampioene in n oondskottel en bak dit vir 15 minute lank by 200 C.. Meng intussen die koekmeelblom, sout, peper en paprika. Bedek die visporsies met die meel mengsel. Plaas die vis bo-op die sampioene in die oondskottel. Plaas eers die ui en dan die speserye op die vis. Gooi die wyn en room bo-oor. Bak dit vir 30 minute lank.




"Kook met Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie