Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 07:05 NM CST

Vinnige Pizza

Hamburger rolletjies
Mozzarella kaas
pesto
kersie tamaties
basieliekruid
paprika "paste"
zucchini
salami
sout en peper


Stel jou oond op volrooster. Sny die rolletjies in die helfte en rooster dit. Smeer 5 ml pesto op die een helfte en 5 ml paprika op die ander helfte. Sny die mozzarella in skywe en rangskik dit op beide halwe rolletjies. Plaas 5 kersie tamaties op die een rolletjie en zucchini op die ander helfte. Geur met sout en peper. Rangskik gekapte basiliekruid oor die tamatie pizza en salami repies op die zucchini pizza. Plaas dit in die oond en rooster vir ongeveer 6 minute.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie