Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:51 NM CST

VETKOEK

Bestandele

  • Kookolie vir vlak braai
  • 1 Koppie Kookwater
  • 2 Eiers
  • Knypie Sout
  • 2 Teelepels Bakpoeier
  • 2 Eetlepels Suiker
  • 2 Koppies (500ml ) Koekmeelblom

Aanwysigings

Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak. Klits die kookwater by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.

Skep dessertlepelsvol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die Vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die Vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt óf met maalvleis. (Die resep afgeskryf uit Huisgenoot Wenresepte maar presies soos ons vriendin se Ma dit voorberei het!)

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie