Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:52 NM CST

Varknek met Sjerriesous

Vryf sout en fyn gemmer in die varknek in. Braai varknek in botter en olie tot bruin. Plaas in foelie met 8 halwe uitjies en bak in oond @ 200 grade vir ongeveer 1 en 1/2 tot 2 uur. Sjerriesous: 2 uie gekap 2.5 ml fyn vars knoffel Soteer in botter Voeg die volgende by: 15ml koekmeel by en roer 250ml (1k) sjerrie 250ml (1k) hoenderaftreksel 20ml tamatiepuree 2ml sout en 1ml vars gemaalde peper 10ml suurlemoensap ongeveer 10 ontpitte, klein gesnyde pruimedante Laat prut Voeg al die sous en uitjies van vleis by die sjerriesous en laat goed deurkook Haal van stoof af en voeg 100ml room by Roer deur. Gooi oor gesnyde varknek Garneer met vars kruie Sit dadelik voor

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Charmain Bester aan Maandag, Julie 14 2008 @ 07:05 VM CDT Varknek met Sjerriesous
dit is heerlik
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie