Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:22 NM CST

Vark Lendeskyf met Rooiuie Sous

510 g rooi uie, in ringe gesny
6 takkies roosmaryn
1,7 kg vark lendeskyf, in 3 dele gesny
sout en peper na smaak
30 ml olie
190 ml wit port
125 ml aftreksel
30 ml heuning
15 ml fyn gekapte pietersielie


Plaas die roosmaryn op die vleis en bind dit vas met kombuis tou. Geur met sout en peper. Verhit die olie en braai die vleis aan alle kante. Verwyder en hou eenkant. Braai die uie vir 3 minute lank terwyl jy dit roer. Voeg die port en die aftreksel by. Voeg die vleis by en bak dan vir 20 minute lank in n voorverhitte oond van 200 Grade. Verwyder die vleis en draai dit toe in foelie en laat dit rus vir 5 minute. Geur die uie met sout, peper en heuning en roer die pietersielie by. Bedien die vark met die uie.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie