Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:12 NM CST

Tortilla hoendersop

1 hoenderborsie, sonder vel maar met die been in
6 koppies hoenderaftreksel
15 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knokkelhuisies, fyn gekap
'n halwe jalapeno rissie, fyn gekap
1 blikkie gekapte tamaties
tortilla skyfies

Salsa

125 ml swart boontjies, gedreineer en afgewas
125 ml mieliepitte
n halwe avocado, in blokkies gesny
n hand vol vars cilantro
5 ml sout
1 lemmetjie
Kook die hoender in 2 koppies aftreksel in 'n groot pot, omtrent 20 minute vanaf die aftreksel begin borrel. Verwyder die hoender. Verhit olie in 'n pan en braai die ui, knoffel en rissie tot die ui deurskynend is. Voeg die tamatie by en prut vir 'n minuut lank. Dreineer die aftreksel en voeg dit en die oorblywende aftreksel by die tamatiemengsel. Laat dit kook. Meng die eerste 5 bestanddele van die salsa en voeg die sap van n halwe lemmetjie by. Trek die vleis van die been af. Sodra die sop kook, verminder die hitte na medium en voeg die hoender by. Laat dit prut vir 1 minuut lank.Voeg sout by na smaak. Skep die sop in 4 sop borde en skep n kwart van die salsa in elke sop bord. Krummel die tortilla skyfies oor die salsa en druk die oorblywende lemmetjie sap uit oor die sop.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie