Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:45 NM CST

Tagliatelle en Gerookte Forel

255 g aspersies
1 ui, fyn gekap
15 ml botter
125 ml witwyn
n knippie suiker
2,5 ml suurlemoenskil
2,5 ml suurlemoensap
60 ml creme fraiche
125 ml groenteaftreksel
200 g tagliatelle
140 g gerookte forel filette
n halwe bossie dille
suurlemoen skywe
Skil die onderste derde van die aspersies, breek die "hout" gedeelte af en sny in stukkies. Braai die ui in die botter. Voeg die wyn, suiker, suurlemoenskil en suurlemoensap by. Kook onbedek vir 3 minute. Voeg die creme fraiche en die aftreksel by en kook vir nog 5 minute, onbedek. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Voeg die aspersies by, 4 minute voor die einde en kook dit saam met die pasta. Sny die forel in stukkies. Gebruik die blare van die dille, kap dit fyn en voeg dit by die sous en geur dit goed met sout en peper. Dreineer die pasta en die aspersies en plaas dit saam met die forel en die sous op n bord. Gebruik die suurlemoen skywe vir versiering.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie