Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:19 NM CST

Steurgarnale

45 ml olyfolie
45 ml botter
1 klein ui, fyn gekap
5 ml gekapte knoffel
2,5 ml fyn gemmer
7,5 ml masala
12 groot garnale, skoongemaak
50 ml brandewyn
200 ml vars room
1 gesnyde piesang
8 aarbeie, gehalveer
papaja blokkies
kiwivrug skyfies
pynappel blokkies
Verhit die olyfolie en botter, voeg die ui by en soteer dit tot glansend - ongeveer 3 minute lank. Voeg die knoffel by en soteer dit 1 minuut lank. Voeg die gemmer en die masala by en roerbraai dit 1 minuut lank. Voeg die garnale by en draai dit om en om totdat dit vekleur - 5 minute lank. Voeg die brandewyn by en laat dit vlam. Voeg die room by en roer dit. Stel die plaat af. Voeg die vrugte by en laat dit prut vir 3 minute lank. Bedien dit met rys en garneer dit met pietersielie.



Met komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie