Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 06:57 VM CDT

Springbokboud met Brijani Speserye

1 Springbokboud
45 ml botter
30 ml bruinsuiker
30 ml koekmeelblom
30 ml korrel mosterd
30 ml growwe sout
30 ml brijani speserye
6 vet knoffelhuisies, gekneus
30 ml vars gemmer, fyngekap
5 ml koljander
30 ml olie
2 rooi uie, fyngekap
1 pynappel, geskil, in blokkies gesny
250 ml swoerdlose spekvleis
60 ml port


Ontbeen die boud. Voorverhit oond tot 180 grade.
Meng die botter, bruinsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout, speserye, knoffel, gemmer en koljander saam en vryf die boud goed daarmee. Rol die vleis netjies terug en bind dit vas met kombuistou in 2.5 cm intervalle.
Verhit die olie in 'n vuurvaste kasserol met 'n deksel wat dig pas. Braai die ui oor matige hitte tot sag en deurskynend. Voeg die pynappel by. Plaas die boud bo-op uie en pynappel en verwyder kasserol van die plaat. Bedek die boud deur die spekvleis bo-op die boud te rangskik en giet die port oor. Plaas in oond vir 1 uur 30 minute tot 2 ure of tot die vleis sag is. Vul die vloeistof aan met aftreksel of warm water indien nodig.
Laat die vleis 10 minute rus sodra dit gaar is. Haal dit uit die kasserol en plaas op 'n warm plek. Indien die sous te dun is, plaas die kasserol terug op die plaat en laat die sous indamp tot regte konsistensie. Proe en geur sous indien nodig. Sny boud in skyfies en sit dit voor saam met die sous, romerige kapokaartappels of koeskoes en dadels.

Wenk

Hierdie resep kan ook gebruik word vir n skaapboud.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Cass Abrahams kook Kaap-Maleis
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun