Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:54 NM CST

Spinasie

2x bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2x uie fyn gekap
1x knoffelhuisie fyn
1x pakkie bacon fyn gekap
1x blik tamatie en ui
1x pakkie sampioen sous
2 x eiers
1x pakkie sampioen sop
feta kaas
chedder kaas

braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan
voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom
voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta
skep lepelsvol van die spinasie in 'n muffin pan en plaas op elke hoppie 'n blokkie feta en 'n blokkie chedder kaas.
sit in 'n vooraf verhitte oond 180oc tot die kaas begin smelt en verkleur.

kan warm of koud bedien word.

heerlik.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Neels de Ronde aan Vrydag, Augustus 22 2008 @ 07:38 NM CDT Spinasie
My komplimente aan Anita en ek stem saam: heerlik! Anita, sou 'n titseltjie neutmuskaat by die spinasie dalk onvanpas wees? Anita weereens HEERLIK !
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie