Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:55 NM CST

Spek-en-tamatie-macaroni

250 g macaroni
250 g spekvleis, gesnipper
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
2 middelslag tamaties, gekerf
sout

Kook die pasta en dreineer dit goed. Hou dit warm. Braai die spekvleis, ui en knoffel tot sag. Voeg die tamaties by. Prut die mengsel oor lae hitte tot die tamaties sag is. Voeg die pasta by en meng dit liggies en strooi die sout oor na smaak. Sit dit warm voor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie