Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:37 NM CST

Spaghetti met tuna

250 g spaghetti
1 sny wit brood, in blokkies gesny
1 blikkie tuna in olie
2 tamaties, fyn gekap
sout
vars gemaalde swartpeper

Kook die pasta volgens die aanwysings tot sag, spoel dit af en dreineer dit. Plaas dit terug in die kastrol, en verhit dit oor lae hitte tot warm. Dreineer die tuna en braai die brood in die tuna-olie tot ligbruin. Vlok die tuna, grof. Voeg die tuna en die tamaties by die pasta en strooi sout en peper oor na smaak. Meng dit liggies en skep dit in n opdienbak. Strooi die broodblokkies bo-oor en sit dit dadelik voor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie