Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:07 NM CST

Soet-Suur vark

Varkvleis, in repies gesny
45 ml soyasous
30 ml witasyn
1 rooi soetrissie, is repies gesny
1 ui, in repies gesny
1 chilli rissie, ontpit en fyn gekerf
1 blikkie pynappel stukke en 75 ml sous
15 ml olie
1 koppie groente aftreksel
45 ml tamatiesous
15 ml heuning
30 ml vars pietersielie, fyn gekap
Meng die soyasous en die asyn en gooi die helfte oor die vleis en marineer dit vir 30 minute. Druk die vleis droog en verbruin dit in die warm olie. Verwyder die vleis en braai die ui, rissie, pynappel en die soetrissie in dieselfde pan. Voeg die oorblywende soyasous, aftreksel, tamatiesous, heunig en die pynappelsap by. Laat dit prut vir 5 minute. Voeg die vleis by geur na smaak met sout en peper. Strooi die pietersielie oor en bedien met rys.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie