Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:43 NM CST

Skaapstowevleis met rooiwyn

30 ml olie
1 kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
15 ml botter
30 ml koekmeelblom
125 ml asyn
250 ml rooiwyn
15 ml gekneusde koljanderkorrels
1 stuk pypkaneel
2 ml borrie
2 ml fyn kruienaeltjies
2 lourierblare
15 ml bruinsuiker
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olie en braai die vleis tot bruin. Skep dit uit en hou dit eenkant. Verhit die botter en roer die koekmeelblom daarby in. Voeg die asyn en rooiwyn by sodra die meelmengsel begin borrel en roer dit tot n gladde sous. Voeg die res van die bestanddele - ook die vleis - by en stowe dit 1 uur tot 1 uur 30 minute lank totdat die vleis sag is.




"Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie