Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 06:56 VM CDT

Eenvoudige Sampioenbroodjies

Eetlepel botter
100g Pakkie Sampioene
250ml Room
Sout en Peper na smaak
2 Eetlepels mielieblom
250ml Melk
6 broodrolletjies

Nadat die sampioene afgespoel en in skyfies gesny is braai saam met botter tot die water meestal afgekook is. Voeg die room by, asook die sout en peper. Meng die melk en mielieblom tot klontjies opgelos is en voeg by die roommengsel. Verlaag die hitte en kook tot die mengsel lekker dik is. Haal van die plaat af en los om bietjie af te koel. Sny die broodrolletjies se puntjie aan die kant af of druk net 'n gaatjie langs die kant in en druk die binneste brood plat. Druk die sampioenmengsel lepelsgewys in die broodrollejies in tot elkeen lekker vol is. Hou in die lou oond tot braaivleis klaar is of eet dadelik. Ook lekker saam met knoffel of spek.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Potjiekos Wenners
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun