ROOSTERKOEK
Roosterkoek – By die braaivleis!
Bestandele
- 5 Koppies Koekmeelblom
- 1 tlp sout
- 2 E suiker
- 10 g (een pakkie) suurdeeg
- ½ Koppie melk
- 50 ml olie
- 1 eier
- 2 koppies louwarm water
Aanwysigings
Sif die meel en voeg die ander bestandele by. Meng en knie goed.
Laat rys en en knie weer goed. Druk effens plat en rol liggies in meel.
Sny in vierkantige blokkies. Laat rys.
Plaas liggies op ‘n goed gesmeerde skoon rooster oor die kole en braai vir omtrent 10 minute aan elke kant. (Toets met ‘n tande stokkie.)
Verwante Artikels