Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:25 NM CST

Rooiwyn en bessie nagereg

200 g gevriesde rooi bessies
62,5 ml suiker
vanielje
15 ml maizina
30 ml lemoensap
250 ml rooiwyn
250 ml water
100 g rooi bessies
62.5 ml suiker
15 ml suurlemoensap
1 eier geel
30 ml maizina
125 ml room
Kook die 200 g gevriesde bessies, 62,5 ml suiker en die vanielje saam. Meng die maizina en die lemoensap tot glad en voeg dit by die kokende bessie mengsel. Bring weer tot kookpunt en gooi dit in 'n bak en voeg 100 g gevriesde bessies by en laat dit afkoel. Meng die wyn, water, suiker, suurlemoensap, eier geel en 30 ml maizina saam. Verhit dit en roer dit vir 5 minute lank tot die mengsel verdik. Laat die ook afkoel. Klits die room styf en vou die rooiwyn mengsel by die room. Rangskik die gekookte bessies en die roommengsel om die beurt in sjampanje glase. Verkoel in die yskas vir 2 ure.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie