Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:14 NM CST

Rooilensiesop

60 ml botter
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15 ml koljander
10 ml fyn kaneel
5 ml borrie
5 ml fyn komyn
2 ml rooipeper
200 g rooilensies, gewas
1,5 liter hoenderaftreksel
30 ml tamatiepasta
15 ml suurlemoensap
Verhit die botter en soteer die ui en die knoffel daarin tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai vir 1 minuut. Voeg die lensies, aftreksel en tamatiepasta by. Verhit die mengsel tot kookpunt en laat dit prut vir 30 minute lank totdat die lensies sag is. Voeg die suurlemoensap by en dien dit dadelik op.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie