Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:20 NM CST

Roly-Poly in 'n pot

4 x 250 ml koekmeelblom
10 ml balpoeier
125 g sagte botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
fyn appelkooskonfyt

Sous

50 ml brandewyn
1 liter kookwater
500 ml suiker
60 ml botter
Sif die koekmeelblom en bakpoeier goed saam en vryf die botter in. Voeg die eiers en daarna die melk by en meng dit tot n stywe deeg. Rol die deeg dun uit en smeer die appelkooskonfyt oor. Rol dit op en sny dit in skywe.
Meng die bestandele vir die sous deeglik en giet dit in n goedgesmeerde platboompot. Sit die deksel op en bak dit 45 minute lank op n driepootstaander oor matige kole met meer kole bo-op die deksel as onder die pot. Haal later die dooie kole af van die deksel af en sit nuwe kole op. Bedien met vla.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie