Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:49 NM CST

Sitrus Risotto

1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
1 lemoen, geskil (behou skil)
625 ml groente aftreksel
30 ml olie
62.5 ml lang korrel rys
60 g parmesaan kaas
sout en peper na smaak

Sny die lemoenskil in dun repies. Bring die aftreksel tot kookpunt en hou dit warm oor medium hitte. Verhit die olie in n pan en voeg die wortels, rys en knoffel by en braai liggies terwyl jy dit roer. Voeg die helfte van die die warm aftreksel by. kook oor medium hitte tot die vloeistof geabsorbeer is. Roer aanhoudend. Voeg die oorblywende aftreksel by en kook verder terwyl jy dit roer. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, verwyder die rys van die hitte en roer die parmesaan kaas en 30 ml lemoenskil by. Geur met sout en peper en die lemoensap.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie