Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:50 NM CST

Agt-Lepel-Poeding

8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10 ml koeksoda
500ml melk

Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in 'n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te meng. Die mengsel is loperig. Gooi in 'n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing...

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie