PATATS, DADELS & BRANDEWYN
Bestandele
Aanwysigings
- 1 lemoen se skil, fyn gerasper
- 1 E Heuning
- ½ Koppie bruinsuiker
- ¼ Koppie Brandewyn (4 E)
- ½ Koppie dadels, (ontpit en fyn gesny)
- 50 g botter (± 4 Eetlepels)
- 1 t sout
- 4 koppies kookwater
- 4 groot patats
Aanwysigings
Plaas skoongeskropte, ongeskilde patats, kookwater en sout in ‘n kastrol en kook dit tot sag.
Haal die patats uit die water, laat effens afkoel en trek die skille af.
Sny die geskilde patats in dik skywe.
Smeer ‘n groot oondskottel met van die botter en pak die skywe langs mekaar in die oondskottel.
Strooi die dadels en die gerasperde lemoenskil oor die patats
Gooi die brandewyn, heuning en bruinsuiker oor die patats.
Stip die gereg met die res van die botter.
Bak ongeveer 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180º C (350º F)
Indien nie dadels byderhand, gereg net so lekker daarsonder.
Verwante Artikels