Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:56 NM CST

Pasta Sop

1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
100 g preie, in skywe gesny
200 g aspersies, in skywe gesny
45 ml olyfolie
550 ml groente aftreksel
1 lourierblaar
'n halwe bossie pietersielie, fyn gekap
60 g sop pasta
sout na smaak
100 g gevriesde ertjies
15-30 ml suurlemoensap
peper na smaak
5 ml suiker
100 g garnale

Braai die ui, knoffel en preie in die olie tot deurskynend. Voeg die aftreksel, lourierblaar, twee takkies pietersielie by, bedek en prut vir 10 minute lank oor medium hitte. Kook die pasta volgens die aanwysings. Dreineer dit en spoel dit af onder lopende koue water. Voeg die aspersies en die ertjies by die aftreksel mengsel en prut 5 minute lank. Geur die sop met suurlemoensap, sout, peper en suiker. Verhit die garnale in die sop. Strooi die pietersielie oor die sop.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie