Paella
60 ml olyfolie
30 ml botter
1 groot ui, gekap
'n halwe groen soetrissie, in dun repe gesny
'n halwe rooi soetrissie, in dun repe gesny
'n halwe geel soetrissie, in dun repe gesny
4 hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in repe gesny
400 g varkfilette, in dun repe gesny
10 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
5 ml sout
5 ml aromat
10 ml suurlemoenpeper
10 ml gemengde gedroogde kruie
3 lourierblare
250 g calamari ringe
8 groot steurgarnale
6 krapstokkies, in dik skywe gesny
250 g witvisfilette, in blokkies gesny
5 ml borrie
125 ml kookwater
250 ml witwyn
500 ml gaar witrys
20 swart olywe
16 mossels, in die skulp
'n halwe suurlemoen se sap
125 ml vars, gekapte pietersielie
Verhit die die paellapan of platboompot oor warm kole en soteer die ui en soetrissies 2 minute lank in die olyfolie en botter. Voeg die hoender vark vleis by, asook die knoffel en brandewyn. Geur dit met sout, aromat, suurlemoenpeper, kruie en lourierblare en roerbraai dit 3 minute lank. Voeg die calamari, garnale, krap en witvis by en roerbraai dit vir nog 3 minute. Meng die borrie met die kookwater en witwyn en voeg dit saam met die rys, olywe en mossels. Roer dit deeglik deur, plaas die deksel op en laat prut dit 10 minute lank oor matige kole. Voeg die suurlemoensap en pietersielie by en roer dit deur voor bediening.
Wenke
Hierdie gereg kan ook op die stoof gemaak word.
Indien kreefsterte beskikbaar is, gebruik dit gerus.
Met komplimente "Maak n Las"

Verwante Artikels