Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:56 NM CST

Oosterse bees

30 ml heuning
45 ml soya sous
15 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
2 gedroogde rissies
2 ster anys
1 kg bees lendeskyf
45 ml olie
1 koppie witwyn
1 koppie beesaftreksel
bisto
Meng die heuning, soya sous, suurlemoensap, sout en peper goed saam. Krummel die rissies en maal die anys en voeg dit by die mengsel. Plaas die vleis in n sak en gooi die marinade oor. Los dit vir 2 ure in die yskas. Braai die vleis aan al die kante in die olie. Voeg nou die marinade, wyn en die aftreksel by en bring dit tot kookpunt. Plaas die vleis op n koekie plaat en bak dit in n voorverhitte oond van 200 Grade vir 25 minute. Draai die vleis toe in foelie en laat dit rus vir 7 minute. Bring die sous weer tot kookpunt en verdik dit met die bisto en geur met sout en peper en gooi dit deur n sif. Bedien die sous saam met die vleis.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie