Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:29 NM CDT

Oondgeroosterde snoek

1 snoek, gevlek
75 ml olyfolie
sout en suurlemoenpeper na smaak
'n halwe ui, grof gekap
'n halwe rooi soetrissie, fyn gekap
'n halwe groen soetrissie, fyn gekap
'n halwe geel soetrissie, fyn gekap
'n halwe prei, in dun ringe gesny
'n halwe selderystingel, fyn gekap
6 knopiesampioene, in dun skyfies gesny
5 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml gekapte knoffel
'n halwe suurlemoen se sap

Spoel die snoek deeglik af onder koue water en druk dit goed droog met kombuispapier. Smeer die snoek aan beide kante met die helfte van die olyfolie en plaas dit op n bakplaat wat met botter gesmeer is. Geur dit lig met sout en suurlemoenpeper. Meng die ui, soetrissie, prei, seldery en sampioene. Voeg die oorblywende olyfolie, gemengde kruie, knoffel en suurlemoensap by. Geur dit met sout en suurlemoenpeper en meng dit deeglik. Versprei die groente mengsel egalig oor die snoek en plaas die snoek in die middel van n voorverhitte oond van 180 grade. Bak dit vir 8 minute. Stel die oond op volrooster (grill) en rooster dit 5 minute lank. Sny dit in porsies en bedien met kapokaartappels.


Wenke

Die meeste snoek het wynig sout nodig, wees dus versigtig.
Hierdie resep kan ook gebruik word vir kabeljou en rooi roman. Hierdie vissoorte het egter meer sout nodig.


Met komplimente "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie