Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:46 NM CST

Noedel-en-appel-gebak

150 g groot skulpnoedels
250 g spekvleis, gesnipper
3 middelslag Granny Smith appels, geskil en in skyfies gesny
die sap van 1 suurlemoen
100 g cheddarkaas, grof gerasper
sout

Kook die pasta tot sag en dreineer dit. Braai die spekvleis totdat dit begin verbruin. Sprinkel die suurlemoensap oor die appels, voeg dit by die spek en roerbraai dit liggies tot die appelskyfies sag is. Verhit die oond tot 180 C en smeer 'n vlak, oondvaste bak. Skep 'n derde van die appelmengsel in die bak. Skep n derde van die pasta op die appels en strooi n derde van die kaas bo-oor. Herhaal tot al die bestandele gebruik is. Bedek dit en bak dit vir 45 minute. Bak dit n verdere 10 minute, onbedek.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie