Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:56 NM CST

Mosselsop

75 ml olyfolie
30 ml botter
2 uie, fyn gekap
2 selderystingels, fyn gekap
500 g visfilette, ontvel, ontgraat en in blokkies gesny
5 ml gekapte knoffel
5 ml sout
2,5 ml suurlemoenpeper
2,5 ml tiemie
5 ml gemengde gedroogde kruie
25 ml brandewyn
250 ml witwyn
500 ml melk
250 ml vars room
2 wortels, in dun repies gesny
3 murgpampoentjies, in dun repies gesny
1 prei, in dun repies gesny
4 - 6 mossels per persoon
6 krapstokkies, in dik skywe gesny
30 ml koekmeelblom
100 ml kookwater
125 ml vars, gekapte pietersielie
30 ml parmesaankaas


Verhit die olie en botter oor matige hitte en soteer die ui en seldery tot deurskynend. Voeg die visfilette by en roerbraai dit 5 minute lank. Voeg die knoffel, sout, suurlemoenpeper, tiemie en gemengde kruie by en meng dit deeglik. Voeg die brandewyn, witwyn, melk en room by en daarna die wortels, murgpampoentjies en prei. Plaas die mossels en krapstukkies bo-op en bedek dit met die deksel. Laat dit prut vir ongeveer 20 minute oor matige hitte. Meng die koekmeelblom en water tot glad en roer dit deur. Laat prut dit nog n verdere 5 tot 10 minute lank. Strooi die pietersielie en Parmesaankaas net voor bediening oor en roer dit deur.

Wenk

Hierdie resep kan op die kole of of die stoof gemaak word.

Variasies

Voeg 5 ml borrie by.
Voeg 250 g calamari-ringe by.
Voeg 3 steurgarnale per persoon by.


Met komplimente "Maak n Las"


Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie