MELKTERT (OUMATJIE SE RESEP)
- 450g koekmeel
- 5ml kremetart
- 450g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
- 1 eiergeel
- 250ml yswater
- 3 ml sout
- 250ml room
- 250ml melk
- 1 stokkie kaneel
- 2 groot eiers (geskei)
- 80ml strooisuiker
- 80ml Meelblom
- 2 ml (1/2t) bakpoeier
- 25g botter
Aanwysigings
NOTA: Vir
die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees
Deeg:
Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak. Gebruik 'n vurk of
2 messe en sny vinnig die bestandele tot dat dit soos growwe brood
krummels lyk. Meng die eiergeel en water en gooi in 'n hlte in die droee
bestandele. Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.
druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.
Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 -n 25cm te plaas. Pruk die bodem met a vurk en bak blind vir 10
tot 15 minute. Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.
Vulsel:
Verhit effens die room, helfte van die melk saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol. Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier. Voeg stadig die warm room in the meel mengsel,
meng goed. Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae
mengsel verdik. Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die
botter en vanilia essens. Klop die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
sout by en vou gelydelik in die vlae mengsel in. Skep die mengsel in die
tert dop en bak teen 180c vir tien minute. Verminder na 160c en bak vir
verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel. Bedien warm

Verwante Artikels