Meksikaanse Hoender
1,5 kg hoenderporsies
sout en peper na smaak
25 ml olie
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
25 ml tamatie puree
12,5 ml druiwe-asyn
250 ml hoenderaftreksel
250 ml medium room sjerrie
Verhit die olie en geur die hoender met sout en peper. Braai die hoenderporsies bruin in die olie, verwyder dit en hou dit eenkant. Soteer die ui, soetrissie en knoffel tot sag, verwyder en hou dit eenkant. Plaas die hoenderporsies terug in die kastrol en skep die uiemengsel bo-oor. Voeg die tamatie puree, druiwe-asyn en hoenderaftreksel by. Voeg die sjerrie laaste by en stowe tot sag.
Variasie
Brandrissie kan by die uiemengsel gevoeg word en die hoenderaftreksel kan met n chilli-hoenderaftrekselblokkie vervang word as jy hou van n "byt".

Verwante Artikels