Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:12 NM CST

Maklike Appeltert

Kors

500 ml koekmeelblom
250 ml suiker
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 g botter of margarien

Vulsel

410 g onversoete tertappels (1 blik)
125 ml suiker
5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn kruienaeltjies
knippie sout
Metode
Kors

sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in totdat 'n deeg vorm. Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die bodem van n oondvaste tertbord vas.


Vulsel

Meng die tertappels, suiker, kaneel, kruienaeltjies en sout goed saam. Skep dit op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg bo-oor. Bak dit 20 minute lank of totdat die deeg begin verbruin, in 'n voorverhitte oond by 180 grade. Bedien dit met vla.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie