Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 07:56 NM CST

Macaroni-en-Tuna-gebak

250 g macaroni
1 blikkie tuna in olie
1 blikkie tamatie-en-uie-smoor
200 g cheddarkaas, grof gerasper
250 ml melk
5 ml sout

Verhit die oond tot 180 C. Smeer n vlak oondvastebak met botter. Kook die pasta tot sag en dreineer dit goed.Vlok die tuna en voeg dit by die pasta. Roer die tamatie-en-uie-smoor, 150 g van die kaas, melk en sout by. Skep dit in die oondbak en strooi die oorblywende kaas bo-oor. Bak dit vir 45 minute tot goudbruin.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Juli_ana aan Sondag, Augustus 31 2008 @ 02:11 VM CDT Macaroni-en-Tuna-gebak
Sommer baie lekker! En sommer baie vinnig! Baie dankie.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie