Lintnoedels met tamaties
250 g groen lintnoedels
250 g spekvleis, gesnipper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
50 ml olyfolie
1 blikkie heel, geskilde tamaties
1 blokkie hoenderekstrak
Kook die pasta tot sag, dreineer dit en hou warm. Braai die spek tot dit begin verbruin. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die knoffel in die olie totdat dit begin verbruin. Verpulp die tamaties en voeg dit by die knoffel. Verkrummel die hoenderekstrak en voeg dit ook by. Kook die sous n rukkie sonder die deksel tot dit begin verdik. Meng die tamatiesous en die spek. Giet die mengsel oor die pasta. Sit dit dadelik voor.

Verwante Artikels