Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:36 NM CST

Lamsvleis in rooiwyn met roosmaryn

1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
100 ml gegeurde koekmeelblom
30 ml olyfolie
1 ui, in halwe ringe gesny
4 wortels, in dik skywe gesny
3 preie, in dik skywe gesny
1 lourierblaar
2 vars takkies roosmaryn
1 bottel rooi wyn
150 ml biefaftreksel
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml botter
15 ml koekmeelblom
Bedek die lamsvleis met die gegeurde meel en skud die oortollige meel af. Verhit die olie en braai die vleis, 'n paar op 'n slag tot bruin. Verwyder en plaas dit op kombuispapier. Braai die ui in dieselfde kastol tot sag en goudbruin. Voeg die wortels en die preie by en roerbraai. Skep die vleis terug in die kastrol en voeg die lourierblaar, roosmaryn, rooiwyn en aftreksel by. Bring dit tot kookpunt en verlaag die hitte en laat dit 1 uur stadig prut of totdat die vleis sag is. Geur met sout en peper.Verwyder die roosmaryn en die lourierblaar en skep die vleis en groente in 'n warm dienskottel. Meng die botter en die meel tot 'n pasta. Roer die pasta bietjie vir bietjie by die sous in die kastol totdat die verlangde dikte bereik is, omtrent 15 minute. Giet dit oor die vleis.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie