Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:56 NM CDT

Bolandse Winter - lamskerriepot

Lewer 8 - 10 porsies


Sous

750 ml rooiwyn
250 ml blatjan
250 ml water
15 ml gemengde gedroogte kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdsaad
30 ml masala
15 ml borrie
410 g gekapte tamaties met origanum en basielkruid (1 blik)
46 g beesstertsoppoeier (1 pakkie)
700 g lams of skaapskenkels, in stukkies gesny
700 g lams of skaaprib in blokkies gesny
700 g lams of skaapnek, in skywe gesny
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 groot ui, grof gekap
3 selderystingels, in dik skywe gesny
2 preie, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g knoppie sampioene
16 klein uitjies
250 g ontpitte pruimedante
250 g gedroogte perskes
250 ml vars, gekapte koljander
125 ml vars, gekapte pietersielie

Metode

Meng die bestandele vir die sous deeglik en hou dit eenkant. Verhit jou potjie en roerbraai die vleis 5-10 minute lank. Voeg die knoffel en brandewyn by en roerbraai dit vir nog n minuut lank. Plaas die ui, seldery en preie bo-op die vleis. Moet dit nie roer nie. Voeg die aartappeltjies en wortels by. Giet die sous oor. Plaas die deksel op en laat prut vir 90 minute oor matige hitte as jy lam gebruik en 120 minute as jy skaap gebruik. Voeg dan die sampioene, uitjies, pruimedante, gedroogte perskes en koljander by, plaas die deksel op en laat prut vir nog 30 minute oor matige hitte. Voeg die pietersielie by net voor jy dit bedien en roer dit deur. Bedien met rys.

Wenke

- Monitor die vloeistof en voeg kookwater by indien nodig
- Gesnipperde piesang help vir die brand as die hand dalk gly met die masala


Variasie

Vervang die vleis met 1 kg hoenderboudjies en 1 kg hoenderdye.

Met komplimente van "Maak n Las"

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Potjiekos Wenners
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie