LAMSBREDIE
Bestandele
Aanwysigings
- 2,5 kg lamsnekskywe
- 10 ml tot 12,5 ml sout
- 5 ml vars gemaalde swartpeper
- 1,2 ml fyn naeltjies
- 5 ml gedroogde tiemie
- 50 ml kooklolie
- 165 ml gekapte uie
- 1 liter vleisekstrak, gemaak van twee blokkies
- 4 blikkies tamatie-en-uiemengsel (410g elk)
- 7,5 ml witsuiker
- 5 ml gedroogde basiliekruid
Aanwysigings
Geur die vleis met die sout, swartpeper, naeltjies en tiemie.
Verhit die olie en roerbraai die uie een minuut tot twee minute. Voeg die ekstrak by, plaas die deksel op en laat prut 'n driekwartier tot 1 uur tot feitlik gaar.
Voeg die res van die bestandele by, plaas die deksel weer op en laat prut nog tien minute.
Voeg nog sout en peper by volgens smaak.
Dien op met rys en groen groente.
(Genoeg vir sowat 12 ruim porsies)
Verwante Artikels