Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:31 NM CST

Lamsboud met groenvye en rooiwyn

1 lamsboud, ongeveer 1,5 kg
5 knoffelhuisies, skoongemaak
3 - 4 groenvye in stroop, in klein stukkies gesny
1 blokkie beesvleisaftreksel
250 ml kookwater
500 ml rooiwyn
15 ml vars roosmaryn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sous

500 ml pansappe van die boud
54 ml bisto
250 ml groenvyestroop
Voorverhit die oond tot 160 grade. Maak klein insnydings in die boud en stop die knoffel en die vye daarin. Los die vleisaftreksel blokkie op in die kookwater en voeg die rooiwyn en die roosmaryn by. Gooi dit oor die boud en geur die boud met sout en peper. Bak die boud vir ongeveer 1 uur 45 minute. Laat die vleis rus vir 10 minute.

Plaas al die bestanddele vir die sous in n kastrol en kook dit tot dik en stroperig.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie