Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:35 NM CST

Lamsboud met ansjovis-kruiesous

1 lamsboud, ontbeen indien verkies
3 knoffelhuisies, in repies gesny
2 vars roosmaryntakkies
45 ml olyfolie
30 ml sojasous
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Kruiesous

2 ansjovismootjies, fyn gekap
30 ml gemaalde kappertjiesaad
5 ml mosterdpoeier
30 ml wit asyn
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml gekapte grasuie
30 ml gekapte knoffelgrasuie
15 ml gedroogde pietersielie
15 ml gedroogde roosmaryn
125 ml olyfolie
Voorverhit die oond tot 160 grade. Plaas die boud in n braaipan, steek gaatjies daarin en druk die knoffel en roosmaryn in die gaatjies. Meng die olyfolie, sojasous, sout en peper en bestryk die boud daarmee. Oondbraai die boud 1 uur 30 minute lank. Bestryk dit af en toe met die oliemengsel. Laat die boud vir 10 minute rus in n lou-oond voordat dit opgesny word.


Meng al die sousbestanddele behalwe die olyfolie. Verhit dit effens en voeg die olyfolie bietjie vir bietjie by terwyl dit aanhoudend geroer word. Dien die boud met die warm sous op.




"Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie