Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:02 NM CST

Lamsblad met komyn

1 medium lamsblad
4 knoffelhuisies, in repies gesny
15 ml gekneusde komynsaad
1 klein ui, gerasper
10 ml olyfolie
10 ml botter, gesmelt
5 ml gedroogde tiemie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Maak gaatjies in die blad en druk die knoffel daarin. Prik die hele blad met n vurk. Meng die res van die bestanddele tot n pasta en smeer dit oor die blad. Laat staan dit 1 uur lank op n koel plek. Oondbraai dit ongeveer 40 tot 60 minute lank by 220 C tot gaar.
"Kook met Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie