Skaap Skenkels
1 groot ui, gekap
280 g seldery blare, gekap
4 skaap skenkels
90 ml olyfolie
sout
peper
1 knoffelhuisie, gehalveer
60 ml tamatie puree
1 ster anyssaadjie
15 ml koljander
8 tiemie takkies
1 koppie rooiwyn
1 suurlemoen, in skywe gesny
2 koppies vleisaftreksel
Braai die skenkels in die olie tot lekker bruin in n braaipan, geur met sout en peper na smaak. Verwyder die skenkels. Voeg die ui, selderyblare en knoffel by die oorblywende olie en braai dit tot bruin. Voeg die tamatie, anys, koljander en die helfte van die tiemie by, en braai dit vir n kort rukkie. Voeg die rooiwyn by en kook tot dit verminder. Plaas die skenkels terug in die pan en voeg n koppie aftreksel by en bring tot kookpunt. Bedek dit en plaas dit in n voorverhitte oond by 190 grade vir 2 ure. Na n uur, draai die skenkels om en voeg die oorblywende aftreksel by asook die helfte van die suurlemoen. Bak dit nou verder, onbedek. Geur die sous met sout en peper en garneer met die oorblywende suurlemoen.

Verwante Artikels