Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:13 NM CST

KRUMMELPAP

Twee lekker pap resepte: Krummelpap en Stywepap! Geniet

6 porsies

1 litre (4 k) water

5 ml (1 tlp) sout

500 ml ( 2 k) growwe mieliemeel

‘n groot klont botter

Vars gemaalde swartpeper (opsioneel)



Kook die water en sout in ‘n kastrol of potjie.

Voeg die mieliemeel in ‘n keëlvormige hopie in die middel van die kokende

water by

Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat op lae hitte vir 20 minute prut.

Moet nie die deksel lig of loer nie!

Roer na 20 minute met ‘n groot vurk en na nog twintig minute weer totdat

die pap korrelrig en los is.

Roer botter en gemaalde swartpeper, net voor bediening in.





STYWE MIELIEPAP (Mev. H. van Tulleken 1922 - “Die praktiese kookboek

vir Suid-Afrika.

Kook 6 koppies water, voeg ‘n ½ teelepel sout by. Gooi nou 2 koppies meel so droog in die middel van die kokende water, laat die droë meel so stil lê en kook dit vir ‘n uur, roer dan totdat daar nie meer klontjies in is nie. Skuif na agter toe op die stoof en laat so stadigaan gaar word. Roer af en toe, pasop vir brand.

Dit sal ‘n bietjie droog en krummelrig wees. Roer klont botter in.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie