Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 01:12 NM CST

Kruie Vark Lendeskyf

510 g vark lendeskyf
5 lourierblare
5 takkies tiemie
5 takkies roosmaryn
4 uie, in kwarte gesny
4 knoffelhuisies, gehalveer
30 ml olie
125 ml witwyn
190 ml hoenderaftreksel

Geur die vark met sout. Bedek die vleis met die loerierblare, tiemie en roosmaryn en bind dit met kombuistou vas. Verhit die olie, voeg die vleis, uie en knoffel by en verbruin. Voeg die wyn en die aftreksel by en bring dit tot kookpunt. Bak dit in n voorverhitte oond van 200 Grade vir 25 minute. Draai die vleis toe in foelie en laat dit rus vir 4 minute. Bring die kook sous tot kookpunt en geur met sout en peper.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie