Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 07:55 NM CST

Kruiemossels

50 vars, swart mossels
15 ml botter
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml grof gekapte pietersielie
5 ml gedroogde basiliekruid
5 ml gedroogde oreganum
250 ml witwyn
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
vars, gekapte pietersielie vir garnering
Week die mossels 30 minute lank in vars, koue water. Gooi mossels weg wat oop is. Skrop die skulpe skoon en trek die baard af. Verhit die botter en soteer die ui en knoffel daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die pietersielie, basiliekruid, oreganum, wyn, sout en peper by en laat dit prut vir 4 minute lank. Voeg die skoongemaakte mossels by, bedek dit en laat dit nog 5 minute lank prut totdat die mossels oopgaan. Gooi mossels wat nie oopgaan nie, weg. Strooi die gekapte pietersielie oor en dien dit op.





"Kook met Kruie en Speserye"

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie