Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:58 NM CST

Kreef oor die kole

rou kreef
suurlemoensap
vars, gekapte pietersielie

Bedruipsous

250 ml botter, gesmelt
1 groot suurlemoen se sap
5 ml gemengde gedroodge kruie
5 ml gekapte knoffel

Metode

Sny die krewe ruglangs oop sonder om dit deur te sny. Breek die kreef oop en druk dit plat. Verwyder die dermpie uit die stert. Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik. Plaas die kreef op n rooster en bedruip die vleiskant mildelik met die sous en los dit vir 5 minute lank sodat die sous kan intrek. Plaas die rooster met die vleiskant na onder op n staander ongeveer 30 cm hoog en braai die kreef 3 minute lank oor matige kole. Draai dit om en bedruip dit weer mildelik met die sous en braai dit vir 'n verdere 5 tot 6 minute met die dop kant na onder. Bedruip dit weer voor bediening. Sprinkel die suurlemoensap oor en strooi die pitersielie oor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie