Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:42 NM CST

Knoffel-Roosmaryn Hoender

8 knoffelhuisies, fyn gekap
45 ml vars roosmaryn, fyn gekap
5 ml sout
1 heel hoender, skoon gemaak
kombuis tou
1 suurlemoen, in skywe gesny
roosmaryn takkies

Verhit die oond tot 200 C of 400 F.Bedek die pan en rak met cooking spray. Meng die knoffel, roosmaryn en die sout goed. Begin by die nek van die hoender en maak die vel los. Smeer die spesery mengsel tussen die vel en die vleis. maak seker die hele hoender is gegeur.Plaas die vlerkies se punte onder die hoender en verbind die hoenderboutjies. Gooi addisionele sout en peper oor die hoender. Plaas die hoender met die bors na bo op die rak in die braaipan. Braai die hoender vir ongeveer 1 uur 45 minute lank. Bedruip die hoender met die pansappe tydens die braai proses. Laat die hoender rus vir 10 minute voor dit opgesny word. Plaas die suurlemoen skyfies en takkies roosmaryn op die vleis vir garnering.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie