Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:47 NM CDT

Kits gemmerbier

1 liter suiker
5.25 liter louwarm water
15 ml gis
10 ml suiker
250 ml louwarm water
10 ml jamaika gemmer

Los die suiker in die water op. Meng die gis met die 10 ml suiker en roer die louwarm water by. Laat dit in n warm plek staan vir 5 tot 10 minute. Voeg dit by die suikerwater sodra dit begin gis. Voeg die gemmer by en roer dit goed om alles goed te meng. Giet in bottels, kurk en laat staan dit n dag of twee voor gebruik. Sit dit baie koud voor.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie