Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 07:04 NM CST

KERSFEESKOEK RESEP

Bestandele

  • 10 ml gemengde speserye
  • 500 g Sultanas
  • 15 ml fyn Kaneel
  • 1 kg Koerente
  • 500 g Rosyne
  • 10 ml gerasperde Neut
  • 300 g Glanskersies
  • 600 g Botter
  • 200 g gekapte gemengde Sitrusskil
  • 875 ml 600 g sagte Bruin Suiker
  • 200 g gepelde Amandels
  • 11 groot Eiers
  • 30 ml gerasperde Suurlemoenskil
  • 'n bietjie Brandewyn
  • 1500 ml / 700 g Meelblom
    Aanwysigings

    Kersfeeskoek Resep. Genoeg vir 40 – 50 gaste.


    Smeer ‘n koekpan van 28cm rond. Voer die pan uit met ‘n dubbelle laag gesmeerde waspapier uit. Bind tenminste twee lae koerantpapier om die buitewand van die pan.

    Meng die koerente, sultanas, rosyne, glanskersies, gemengde sitrusskil, Amandels en suurlemoenskil.

    Sif die koekmeelblom en die speserye saam.

    Verroom die botter tot sag. Klop die suiker geleidelik by totdat die mengsel lig en romering is.

    Klop die eiers een vir een by (klop goed na elke byvoeging).

    Voeg een eetlepel meel by na elke eier.

    Vou die oorblywende meel by, gevolg deur die vrugte

    Sprei die deeg uit in die voorbereide pan, met ‘n effense holte in die middel.

    Plaas die koekpan op ‘n dubbelle laag koerantpapier in die oond en bak totdat ‘n toetspen soon uitkom, vir omtrent 4 uur.

    Laat afkoel in die pan. Sprinkel brandewyn en haal uit die pan

    Bêre die koek, goed toegedraai in waspapier en foelie vir een of twee maande.

    Versiering volg later.
     

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie