Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:56 NM CST

Karamel potbroodjie

Hierdie broodjie is lekker saam met 'n stukkie braai vleis en tog te lekker

1 brood deeg (by Spar te koop)
1 koppie karamelsuiker
1 glasie vars room

Smeer n plat boom pot (cast iron pot). Maak ewe groot balletjies van deeg en pak in pot al in sirkel vorm. Meng room en suiker saam en gooi oor deeg, sit deksel op en sit pot in koue oond. Stel oond teen 180*C en bak dan vir 1uur.

(Die oond moet koud wees want terwyl die oond warm word rys die deeg geleidelik.Die deeg hoeveelheid is vir 'n klein pot en kan net met alles aangepas word. Baie lekker)

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie